Herman Kahn

Herman Kahn
Herman Kahn in 1965
Gebore(1922-02-15)15 Februarie 1922
Bayonne, New Jersey
Sterf7 Julie 1983 (op 61)
Chappaqua, New York
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepFuturis, militêre strateeg, stelselteoretikus
Bekend virOn Thermonuclear War
Ouer(s)Yetta (née Koslowsky) en Abraham Kahn

Herman Kahn (15 Februarie 19227 Julie 1983) was 'n stigter van die Hudson Instituut en een van die voorste futuriste van die laaste deel van die twintigste eeu. Hy het oorspronklik bekend geword as 'n militêre strateeg en stelselsteoretikus terwyl hy by die RAND Korporasie betrokke was. Hy was ook bekend weens sy analise van die moontlike gevolge van kernoorlog en die maniere wat hy aanbeveel het om oorleefbaarheid daarvan te verbeter. Dit maak hom een van drie historiese inspirasies vir die titelkarakter van Stanley Kubrick se klassieke swart komediefilm-satire Dr Strangelove.[1]

Sy teorieë het besonders bygedra tot die ontwikkeling van die kernstrategie van die Verenigde State.

  1. Paul Boyer, 'Dr. Strangelove' in Mark C. Carnes (ed.), Past Imperfect: History According to the Movies, New York, 1996.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy